'n Soektog is van stapel gestuur nadat 'n passasier vermoedelik oorboord geval het van 'n passasierskip sowat 43 km oos van Delray Beach aan die kus van Florida. Die man is Sondagoggend as vermis aangemeld deur die kaptein van die skip, Bahamas Celebration. 'n Woordvoerder van die passasierskip het gesĂȘ daar is geen verdere inligting oor die man se verdwyning nie. Die Bahamas Celebration was twee jaar gelede ook in die nuus toe 'n Kanadese passasier, Fariba Amani, van die skip verdwyn het. Arani se verdwyning is steeds 'n raaisel.