Drie lede van die mediese steunorganisasie Dokters Sonder Grense (MSF) is in die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) doodgeskiet. Tim Shenk, woordvoerder van die organisasie, sĂȘ die drie is Sondag in 'n aanval op 'n dorp naby die grens met Tsjad dood. Altesaam 22 mense het in die aanval omgekom. Die SAR gaan gebuk onder wydverspreide geweld tussen Christene en Moslems en duisende mense is reeds ontwortel.