7de Laan se Corné Crous gesels oor reis PLUS haar reisfoto’s saam met nuwe kêrel Sy’s grootgemaak met die idee dat niks in jou pad staan as jy iets wíl bereik nie. Jy mág waag. Jy móét jou drome nastreef. Jy máák dinge vir jouself gebeur. Dis indrukwekkend, maar dus nie ’n verrassing nie, dat Corné Crous die een dag besluit het sy wíl in die gewilde SABC2-sepie 7de Laan speel, en dit so te sê die volgende dag ’n werklikheid gemaak het. Ek droom nie, ek werk met ’n plan ‘Voor-op-die-wa’, go-getter , planmaker. Dis immers hoe Corné Crous op 21 die rol van Kim in 7de Laan losgeslaan het en hoe sy sorg vir haar geluk, nou en in die toekoms. FOTO: Leana Clunies-Ross Lees meer in die September-uitgawe van SARIE! Laai dit HIER digitaal af. VIDEO: Corné en haar kêrel, Brad Devine in Parys Reisfoto’s Corné neem Polaroidfoto’s en koop yskasmagnete as aandenkings van haar reise FOTO: verskaf Corné en haar pa, Johann, in Parys Haar kêrel Brad Devine het saam met haar Parys verken Ski-vakansie by Zell am See in Oostenryk ‘n Namibiese vakansie is nog nie klaar as jy nie die duine uitgeklim het nie! In die September-uitgawe van SARIE Die top-10 Voorbladgesig-finaliste is nou SARIE mooi!  Raad vir jou verhouding (praat meer en skei minder) en jou gewig (jou maag is dalk die grootste probleem). Rugby-bok Handré Pollard gesels en ook Vasti Geldenhuys wat saam met Riaan Manser ’n groot oseaan-avontuur aangepak het. PLUS Corné Crous (Kim van 7de Laan ) soos jy haar nog nooit gesien het nie! The post 7de Laan se Corné Crous gesels oor reis PLUS haar reisfoto’s saam met nuwe kêrel appeared first on SARIE .