Ontmoet ons top-10 SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2014-finaliste Uiteindelik, na duisende inskrywings, ons 10 finaliste! Vir ons September-uitgawe sal elkeen in tipiese SARIE-voorbladstyl deur ons spesiale span afgeneem word. Die September-uitgawe is vanaf Maandag, 18 Augustus, op die rak! Hier is die eerste 3 van die top-10. Môre plaas ons nóg 3. SARIE se Voorbladgesig-wenners word by ’n glansgeleentheid aangekondig – en jy is genooi! Wees deel van die opwinding wanneer die 2 kategoriewenners op 9 September by ’n spoggeleentheid in Pretoria aangekondig word. Dan onthul ons ook wie van dié 2 op die voorblad van ons Oktober-uitgawe gaan wees. Koop jou kaartjie(s) en kom deel die perstapyt-aand met sangers Charlize Berg en Bobby van Jaarsveld, seremoniemeester Elma Smit en vele meer. DATUM DINSDAG 9 SEPTEMBER 2014 TYD 18:30 PLEK ATTERBURY-TEATER, LYNNWOOD BRIDGE, PRETORIA PRYS R130 & R150 BESPREKING COMPUTICKET Die top-10 finaliste word in die Augustus-uitgawe van SARIE bekend gemaak – 14 Julie op die rakke!   The post Ontmoet ons top-10 SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2014-finaliste appeared first on SARIE .