Die moets en moenies met jou hare tydens swangerskap Gary Rom en sy span is verantwoordelik vir verskeie bekendes se kapsels – van Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld tot Rolene Strauss. Dié gewilde haarsalon het ook onlangs die swanger Dunay van Heerden se hare gedoen. Ons het by hulle gaan aanklop vir raad oor hoe om jou hare tydens swangerskap te versorg. Lizanne Erasmus van die Southdowns-tak gee die volgende wenke. Goeie nuus vir swanger vroue: jy gaan vir 9 maande hoofsaaklik net goeie haardae hê! Normaalweg verloor jy tussen 50 – 100 hare per dag, maar weens die ekstra hormone tydens swangerskap verloor jy minder hare en jou hare lyk dikker. Dankie @Zaan_7aan en @GaryRomHair dat julle altyd so mooi na my hare kyk, voel elke keer soos ń nuwe mens!! pic.twitter.com/J5SJG90teQ — Dunay van Heerden (@DUNAYNORTJE) July 25, 2014 Vermy eerder dié tydens swangerskap  Moenie jou hare té drasties verander nie, jou liggaam gaan reeds deur so baie ander veranderinge. Hoewel dokters se opinies hieroor verskil, dink ek nie jy moet jou hare in die eerste trimester kleur nie. As jy moet kleur, oorweeg eerder strepies of semi-permanente kleur met min ammoniak daarin. Moenie jou swangerskapvitamiene ná swangerskap ophou drink nie, want dit help keer dat jou hare uitval. Vermy keratienbehandelings soos die sogenaamde Brazilian blowout . Die chemikalieë kan dalk ongesond wees vir jou ongebore baba. Moenie ’n kuif of baie kort lae sny nie. As jou baba eers daar is, gaan jy baie moet buk en jy sal jou hare maklik wil vasbind. En doen eerder dít tydens swangerskap Geniet jou dikker hare vir die volgende 9 maande. Sommige vroue se haartekstuur verander. As jou hare krullerig raak, probeer verskillende stileertegnieke en -produkte soos Gary Rom se tekstuursproei. Kyk HIER hoe om jou krullerige hare maklik droog te blaas. Probeer haarverlies ná swangerskap voorkom.  L’Oreal se Aminexil-haarverliesprogram werk goed. Kérastase se Densifique werk goed om verlore hare weer terug te kry. Bederf jouself met ’n lekker haarbehandeling soos Gary Rom se Silk Gloss. Vra vir jou salon om jou hare af te skilfer ( exfoliate ). Die hormone mlaat baie vroue se kopvel meer olie afskei, wat dan op die hare gaan sit.   Lizanne Erasmus is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Southdowns (012) 665 0188. The post Die moets en moenies met jou hare tydens swangerskap appeared first on SARIE .