FOTO’S: Matriekafskeidrokke vir 2014 + koop dit híér Die tieners hou matriekafskeid en dikwels moet ma help met die beplanning van die rok. Die SARIE-winkel binne spree  het spesiaal het ’n paar rokke vir dié glansgeleentheid uitgepak, en jou matrikulant kan na hartelus koop Dans die nag om Dis jóú aand, so maak seker jy dra ’n rok wat die koppe sal laat draai. Kies ’n kleur met impak of ’n rok met asemrowende snit. Fokus ook op die detail – van jou juweliersware tot jou palmtas en skoene.   Dra ’n kort toppie by ’n tulle-romp met hope volume vir ’n styl wat eie is aan ’n punk -prinses! Dis deesdae hoogmode om die romp so hoog moontlik te dra sodat net ’n dun strokie van jou vel te sien is. Dra ’n donker lipstiffie daarby. Klik hier om dié rok in die SARIE-winkel te koop Uitklop-mode Laat die kleur die praatwerk doen met ’n rok in ’n eenvoudige snit. Dra dit met plat skoene vir somertroues en ander groot geleenthede in die son. KLIK hier om dié rok in die SARIE-winkel te koop   Sterstyl Dié rok het oorgenoeg trefkrag . Die deursigtige insetsel verleen ’n tikkie drama aan ’n elegante halslyn, terwyl die vol romp die prentjie afrond. KLIK HIER om dié rok in die SARIE-winkel te koop Prinses van die dansvloer Dis jóú aand, en jy kan nie ’n voetjie verkeerd sit in ’n pastelkleurige rok wat vir ‘n prinses gemaak is nie. Voeg bykomstighede wat glinster en silwer hakke by vir ’n voorkoms gepas vir ‘n rooi tapyt. Jou foto’s sal ook nie hul sterstatus verloor nie. Pragtig in pienk Sagte pienk is ’n betowerende keuse vir aanddrag, maar dis die romantiese eenskouer-detail en elegante drapering van dié rok wat die aandag steel .  Rond die voorkoms af met rooi lippe . Immergroen elegansie Pastelkleure vir aanddrag gaan oor meer as net pers en pienk. Dié aandrok wat op die vloer swiep, val pragtig en skep ’n silhoeët wat tydloos én elegant is. Voltooi jou voorkom met een van hierdie tydlose grimeertegnieke . Metaal-muse Dié skouerlose rok met blink-afwerking sal die kollig steel terwyl jy die aand omdans. Kies ook blink bykomstighede hierby. Koop ook jou bykomstighede binne die SARIE-winkel           The post FOTO’S: Matriekafskeidrokke vir 2014 + koop dit híér appeared first on SARIE .