VIDEO: ‘Prins Harry’ dans by fees Volgens Daily Mail en The Sun , twee van die groot Britse skinderblaaie, het prins Harry onlangs sy bynaam, The Party Prince, gestand gedoen. Die 29-jarige prins het probeer om homself te vermom, maar blykbaar het mense by die Secret Garden Party-fees in Cambridgeshire dadelik hom herken. Die kort video van, wat hulle beweer Harry is, op ’n swaai het vinnig oor die internet versprei. Dié man, wat hulle as prins Harry identifiseer, vermaak feesgangers met ’n danspassie of twee. Daily Mail het dié video gepubliseer. Klik HIER om na die video te kyk. Feesgangers wat met die media gepraat het, was oortuig dat dit Harry was. Hy het glo later die aand sonder ’n hemp by dié fees rondgeloop – tot groot vermaak van die vroue. Is dit Harry of is dit ’n I Wanna Marry Prince Harry - situasie? Wat dink jy? Glo jy dít is Harry? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook - of Twitter -blad! Bronne: Hello! en Daily Mail The post VIDEO: ‘Prins Harry’ dans by fees appeared first on SARIE .