FOTO’S: SARIE se 65ste verjaardag SARIE het haar 65ste verjaardag met ‘n SARIE karamel-partytjie in die Kaapse kantoor gevier. Kokkedoor-wenner Johnny Hamman het ‘n viergangmaal gekook en talle bekende het dié glansgeleentheid bygewoon. Anna-Mart van der Merwe, Emo Adams, Amy Kleinhans-Curd, Deon Lotz, Sandra Prinsloo, koskenners Errieda du Toit en Hetta van Deventer, radio-omroepers Martelize Brink en Tracey Lange, Pedro Kruger, Marion Holm was van die bekendes by die lang tafel. Die karamel-tema vier SARIE karamel wat nóú op die rak is – TEKEN hier in. Kyk Donderdag 14 Augustus 2014 Bravo! op kykNET vir ‘n insetsel van dié partytjie. Kyk na al die FOTO’S Dankie aan al die borge wat dié aand moontlik gemaak het: Du Toitskloof-wyne , My Bro Tie -strikdasse, Clarins , NB-uitgewers , Nespresso en Johnny Hamman  van Slippery Spoon. ONTHOU! Jou SARIE karamel is nou op die rak teen R40 The post FOTO’S: SARIE se 65ste verjaardag appeared first on SARIE .