Vier Vrouemaand saam met SARIE op Instagram Vrouemaand is hier! Om dié spesiale maand te vier, het die SARIE-skoonheidspan besluit om daagliks skoonheid-inspirasie op SARIE se Instagram-profiel te deel. Vir die volgende 31 dae sal jy alles van top-wenke en stap-vir-stap aanwysings tot produkvoorstelle en inspirerende aanhalings te sien kry. Dít alles om jou unieke manier van mooi-wees en vrou-wees te vier! Bekendes deel hul skoonheidsgeheime Hiér is sommer ’n kykie na ons eerste skoonheidsgeheim wat vandag gedeel is. Volg ons op Instagram by @sarietydskrif en deel gerus ook jóú gunsteling-skoonheidswenke met ons deur die hutsmerk #sarieskoonheid te gebruik. Ons 6 gunsteling Instagram-blaaie vir skoonheid-inspirasie – lees meer! The post Vier Vrouemaand saam met SARIE op Instagram appeared first on SARIE .