Nuwe celeb-paartjies – die liefde blom! Onlangs is daar baie bekendes wat liefde gevind het. Hier is ’n lys van die nuwe warm celeb -paartjies! Leandie du Randt en Bouwer Bosch Leandie het onlangs met SARIE.com oor hul verhouding gepraat. ( Lees die onderhoud hier ). Sy het gesê: Ek het nog nooit ’n ou gehad wat my met sy liefdestaal bederf nie, maar dis asof Bouwer by die Here ’n manual gekry het oor hoe om my lief te hê -Leandie oor Bouwer En toe Leandie die week verjaar het, het Bouwer dié liefdevolle boodskap vir haar op Instagram geskryf: Happy birthday to the prettiest girl in the universe(yes, I’ve been to other planets, she is the prettiest of them all) – she is one year older but looks one year younger(that’s her party trick) Its the biggest honour being in your life @leandiedurandt  #26 #verjaardagbekkie #mykys Charlize Theron en Sean Penn Dié paartjie kuier op die oomblik in Kaapstad en beplan glo om te trou én ’n kind saam aan te neem – lees meer hier. FOTO: Getty Images / Gallo Images Angelique Gerber en Jacques Potgieter Angelique het aan SARIE.com onthul dat sy en rugbyspeler Jacques Potgieter saam kuier en baie goeie vriende is. ( Lees die onderhoud met Angelique hier. ) ’n Verhouding is egter moeilik omdat hy in Australië rugby speel. Maar dit lyk nie asof afstand ’n probleem vir dié paartjie is nie! FOTO: Instagram @jacquespotgieter7 Franja du Plessis en Willie Engelbrecht Die paartjie is wel nie nuut nie, maar die jong sangeres en haar rugbyspeler-kêrel se liefde blom behoorlik! Cameron Diaz en musikant Benji Madden Dié paartjie is deur Benji se skoonsuster, Nicole Richie, aan mekaar voorgestel. Voor Benji het Cameron glo met die Suid-Afrikaanse miljardêr Elon Musk uitgegaan. Lees meer oor Cameron en Benji se verhouding hier.  Heidi Klum en Vito Schnabel Dié 41-jarige model het eers dié week ’n foto van haar en die 28-jarige Vito op haar sosiale media gedeel. Lees meer HIER. Courteney Cox en Johnny McDaid Dié paartjie is verloof! Kyk HIER na Courteney se ring! Ashton Kutcher en Mila Kunis Swanger en verloof! Dis ’n groot jaar vir dié akteurpaar. Lees meer hier. Lea Michele en Matthew Paetz Lea het verlede jaar haar kêrel en haar medester in Glee aan die dood afgestaan. Ná Cory Monteith se dood lyk dit of sy weer liefde gevind het – dié keer by die leefstyl-afrigter Matthew Paetz. Sofia Vergara en Joe Manganiello Sofia en Joe is beslis Hollywood se nuwe sexy paartjie! Cheryl Cole en Jean-Bernard Sangeres Cheryl Cole en die Fransman Jean-Bernard Fernandez-Versini het almal onlangs verras toe hulle net ná 3 maande afgehaak het. Lees meer hier. En haar groot verloofring: Nóg nuwe paartjies Prins Carl Philip van Swede en Sofia Hellqvist Zac Efron en Michelle Rodriguez Eva Longoria en Jose Antonio Baston Addisionele bron: Hello! The post Nuwe celeb -paartjies – die liefde blom! appeared first on SARIE .