Candice Swanepoel se nuwe haarkleur Suid-Afrika se Candice Swanepoel het nou bekendes soos Kelly Osbourne, Rita Ora en Nicole Richie se voorbeeld gevolg en haar hare ’n pastelskakering gekleur. Die Victoria’s Secret-model het ’n foto op haar Instagram-blad gedeel waar haar blonde kapsel ’n helder skakering van pienk is! Wat dink jy van Candice se pienk hare? Sangeres Rita Ora het onlangs haar ligte hare ook ’n skakering van pienk gekleur terwyl Kelly Osbourne en Nicole Richie violet hare ’n moet-doen haartendens gemaak het. Sangeres Katy Perry het haar hare ook onlangs groen gekleur. As jy dié tendens wil probeer, maar effens skrikkerig is vir gekleurde hare, het ons raad! Begin deur eers net die punte van jou hare in ligte pastelskakerings te kleur, het Natalie van Heerden, bemarkingsbestuurder van Schwarzkopf vroeër die jaar aan SARIE.com gesê . Hoe lyk dit – gaan jy dié trend probeer? Meer oor Candice Swanepoel op SARIE.com Raai wie was Behati Prinsloo Levine se bruidsmeisie! Candice Swanepoel praat met SARIE.com Woolworths en Candice werk saam … Drie Vogue- voorblaaie in een jaar vir Candice Candice kuier in die Kaap The post Candice Swanepoel se nuwe haarkleur appeared first on SARIE .