Leandie du Randt speel in Binnelanders Die kykNET-sepie Binnelanders kry ’n nuwe blondine – haar naam is Ivanka Gouws en dié rol word vertolk deur aktrise Leandie du Randt! Leandie het die nuus dat sy nou by die Binnelanders -span aansluit op haar Instagram -blad gedeel. Vandag is haar eerste dag op die stel van dié sepie wat in Randburg, Johannesburg, opgeneem word. “ Let’s do this ! My eerste dag saam die klomp great mense #Binnelanders #IvankaGouws # grateful ,” het die ster, wat onlangs liefde gevind het saam met Bouwer Bosch , geskryf by dié foto van vandag se  Binnelanders opnameskedule. FOTO: Instagram (@leandiedurandt) Ons hoop dat dié ’n permanente rol vir die Die windpomp -aktrise is. Leandie het gister getwiet dat vandag “die begin van ’n baie opwindende pad” gaan wees. BHou SARIE.com dop om uit eteken dit dat sy ’n paar maande in die sepie gaan wees? te vind! Leandie is die afgelope jaar ’n baie besige aktrise. Nie net neem sy op die oomblik deel aan die nuutste reeks van Strictly Come Dancing op SABC 3 nie, sy het ook geskiet aan die rolprente Mooirivier en Hollywood in my huis . Boonop is die aktrise wat bekendheid verwerf het as Mieke van Getroud met rugby se eerste boek, Gemaklik in jou eie lyf , ook nou beskikbaar in winkels. Lees hier ’n uittreksel uit die boek . The post Leandie du Randt speel in Binnelanders appeared first on SARIE .