Die top-10 stylvolste vroue in SA Rooitapyt-geleentheid of alledaagse drag. Dié SA bekendes het ons lys gehaal van die stylvolste vroue in SA  Rolanda Marais “Rolanda verstaan styl. Dít saam met haar persoonlike smaak maak van haar seker die voorloper van stylvol aantrek,” Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale redakteur. Klik op die foto vir nóg redes Leandie du Randt Leandie se styl is jonk en funky . En met of sonder haar kuif – sy lyk pragtig. Dié jong aktrise is besiger as ooit! Nie net het sy ’n rol in Binnelanders los geslaan nie, sy neem op die oomblik deel aan die nuutste reeks van Strictly Come Dancing op SABC 3. Sy het ook geskiet aan die rolprente Mooirivier en Hollywood in my huis . Boonop is die aktrise, wat bekendheid verwerf het as Mieke van Getroud met rugby, se eerste boek, Gemaklik in jou eie lyf , ook nou beskikbaar in winkels. Lees hier ’n uittreksel uit die boek . Elma Smit “Sy is vreesloos as dit by aantrek kom!” Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale redakteur. Klik op die foto vir nóg redes Amalia Uys Fanie sê Amalia ken haar lyf en weet wat om aan te trek. Sy vat kanse en kom weg daarmee. Sy weet hoe om modern en klassiek af te wissel of saam te laat werk. Brümilda van Rensburg “Dié vrou het persoonlike styl. En daar is altyd ’n bietjie drama!” Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale redakteur. FOTO: Marijke Wilems Lira Fanie sê Lira lyk die mooiste as sy rokke dra. Klik op die hartjies in die foto vir nóg redes waarom sy op dié lys is. Sandra Prinsloo “Klassiek en styl loop hand aan hand. Sandra het dit al bemeester,” Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale redakteur. FOTO: Johan Wilke Juanita Daniel Dié voormalige model, kunsdirekteur, vervaardiger en geleentheidsbestuurder is beslis een van die mees stylvolle mense in die land, meen Fanie. Haar begrip van klere en aantrek is merkwaardig. Lees meer oor haar HIER. Zanne Stapelberg “Haar flambojante styl pas by haar aansteeklike lag en sterk persoonlikheid,” sê Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur. Zanne Stapelberg Selfs ná die geboorte van klein Katinka het Zanne haar lippe rooi geverf! FOTO: Twitter @ZanneStapelberg Tracey Lange Die foto’s op haar Instagram-profiel sê self waarom sy by dié lys ingesluit is.     The post Die top-10 stylvolste vroue in SA appeared first on SARIE .