FOTO’S: Eerste seevakansie vir Elizma se Eli-zé Elizma Theron en Nico Grobbelaar se eersteling, Eli-zé, is skaars vyf maande oud, maar dié pienkvoet is reeds gek oor die see … Die sangeres en haar ouers is vir ’n paar dae by Sodwana in KwaZulu-Natal, waar Elizma haar ouers se verjaardae saam met vriende vier. Dié vakansie was die pienkvoet se eerste ontmoeting met die see. Die trotse ma het ’n rits foto’s van dié wegbreek op haar Facebook -blad gedeel. “Sy was mal oor die groot ‘bad’,” het Elizma geskryf. Kyk net hoeveel pret het Eli-zé, wat in Februarie gebore is, én kyk hoe goed lyk Elizma alreeds in haar bikini! FOTO: Facebook FOTO: Facebook FOTO: Facebook FOTO: Facebook FOTO: Facebook FOTO: Facebook Elizma het ook dié kostelike video gedeel van Eli-zé se eerste keer in die see. // Post by Elizma Theron . Nóg oor Elizma Theron Elizma en Nico se eiland-wittebrood Eli-zé maak maats Elizma se eerste moedersdag as ma Kry Elizma se swangerskapstyl Elizma oor waarom Nico ’n goeie pa gaan wees The post FOTO’S: Eerste seevakansie vir Elizma se Eli-zé appeared first on SARIE .