FOTO’S: Die bruid trou voor pa sterf – al is daar geen bruidegom Dis die meeste vroue se droom om op haar troudag deur haar pa na die kansel vergesel te word. Maar hoe gemaak as jou pa dié groot dag moontlik nie gaan sien nie? Dít is die vraag wat Whitney Moore haarself moes afvra. Haar pa, David, is terminaal siek en het net maande oor om te leef. Whitney en haar pa wou dié pa-en-dogter-herinneringe skep voordat sy hom verloor. FOTO: Instagram @whitneey_m Die Amerikaner Whitney wou nie vir haar trouman wag en die geleentheid mis om in ’n wit rok mooi herinneringe, soos die pa-en-dogter-dans, te maak nie. Daarom het dié gesin en vriende troue gehou – al was daar nie ’n bruidegom nie. David het aantreklik gelyk in sy pak en pienk strikdas. Hoewel die dag ’n viering was, het dit emosioneel geraak toe pa en dogter vir mekaar boodskappe voorgelees het. FOTO: Emliy Lauren Photography op Daily Mail Eendag sal ek ’n man baie liefhê en met hom trou, maar maak nie saak wat gebeur nie, ek is lief vir jou en Pa sal altyd die beste man wees wat ek ken. Ek belowe dat ek altyd jou klein dogtertjie sal bly.  - Whitney aan haar pa David het ook vir sy dogter ’n ring gegee waarin die woord “Sugar” gegraveer is – sy bynaam vir sy dogter. Hy het ook vir sy seun, Logan, wat die ringe gedra het, ’n ring gegee. Hy beplan om volgende maand saam met sy seun te gaan visvang. Logan, David en Whitney FOTO: Emliy Lauren Photography op Daily Mail Bronne: Daily Mail , Linda en Kingsport Times SARIE.com het vroeër vanjaar ’n soortgelyke storie gepubliseer. Maar in dié geval was die dogter maar slegs 11 jaar oud toe haar pa terminaal siek geword het. Lees dié aangrypende verhaal HIER. FOTO: Love Song Photography  The post FOTO’S: Die bruid trou voor pa sterf – al is daar geen bruidegom appeared first on SARIE .