FOTO’S: Darren Scott hou gesinsvakansie in die bos Vir haar verjaardag het radiopersoonlikheid Darren Scott sy vrou, Sarah-Kate, en hul gesin met ’n naweek in die bosveld bederf … Sarah-Kate het op haar Facebook -blad vertel dat Darren haar en hul twee seuns, Mark (3) en Matthew (10 maande), na ’n geheime bestemming neem vir die naweek. Uiteindelik het hulle Tuningi Safari Lodge in die Madikwe natuurreservaat in Noord-Wes bereik. Die trotse ma het foto’s van haar, Darren en hul oudste seun, Mark, op Twitter gedeel. Dit lyk of die Scott-gesin ’n heerlike wegbreek in die bosveld gehad het. FOTO: Twitter (@SarahKate009) Darren en Sarah-Kate geniet die bosvelson FOTO: Twitter (@SarahKate009) Mark het glo net soveel pret gehad soos sy ouers FOTO: Twitter (@SarahKate009) Sarah-Kate Scott by Tuningi Safari Lodge in die Madikwe natuurreservaat FOTO: Twitter (@JustPlainTwit) FOTO: Twitter (@SarahKate009) Sarah-Kate is een van die finaliste in vanjaar se Mev. SA-kompetisie. Die wenner van dié kompetisie word op 8 Augustus by Emperor’s Palace in Kempton Park, Johannesburg, aangekondig. Nóg oor die Scotts op SARIE.com Darren Scott se Sarah-Kate dalk die nuwe Mev. SA Darren vier sy 50ste verjaardag Darren Scott se tweede seuntjie gebore Darren Scott en gesin: “Nou kyk ons vorentoe” Darren Scott praat oor klein Mark se kankerbehandeling The post FOTO’S: Darren Scott hou gesinsvakansie in die bos appeared first on SARIE .