SA atlete maak ons trots by Statebondspele Oudergewoonte kraai ons swemmers weer koning – dié keer by die Statebondspele in Skotland. Roland Schoeman Roland, wat sover al twee medaljes by dié Spele gewen het, kan dalk homself in die rekordboeke inswem. Hy kan moontlik die man word met die meeste medaljes by die Statebondspele. A very big thank you to everyone who has been a part of this journey. Far too many to name, but you know who u are pic.twitter.com/3cxqtZp9KC — Roland Schoeman (@Rolandschoeman) July 26, 2014 Mister Consistency – dis wat Roland se vriende hom noem. Hy staan hier by twee werke van beeldhouer Anton Smit FOTO: Phyllis Green Vanjaar is sy vyfde besoek aan dié Spele, alhoewel daar al vir hom gesê is hy is te oud om nog kompeterend te swem. Maar Roland hou daarvan om diegene wat dink hy’s te oud, verkeerd te bewys. SARIE het vroeër vanjaar* met hom hieroor gepraat. Sommige mense sê jy’s te oud om te kompeteer. Hoe voel dit om daardie stereotipe elke keer verkeerd te bewys? Roland: Dit maak my eintlik nogal vies as mense sê ek’s te oud. Volgens wie? Jy bepaal mos jou eie perke. Die swemmer Dara Torres [van Amerika], wat al 12 Olimpiese medaljes gewen het, waarvan een op 41-jarige ouderdom, het lank met my gepraat hieroor. Sy’t bewys jy kán die beste in die wêreld wees as jy wil. Sy’s ’n groot inspirasie en rolmodel. Wat dryf jou om steeds mee te ding? Roland: Ek het nog nooit geluister as iemand vir my sê ek kan iets nie doen nie. Wie kan vir my sê wat my doelwitte moet wees, of dat ek te oud is? Ek besluit dit self. Ek glo in myself. Daar sal altyd mense wees wat jou kritiseer. Ek’s gelukkig oor my keuses en volg my eie kop. Wat my dryf, is dat ek nooit wil ophou grense breek nie. Ek wíl jou verkeerd bewys. Aanhou verbeter. Om fiks te bly en myself te druk om iets te doen wat ek as onmoontlik beskou het, dryf my ook. Ek’s mal oor die gevoel van kompetisie, wanneer jy soos die eertydse gladiators saam met ander deelnemers in die middel van ’n arena staan en julle gaan meeding “vir glorie, vir volk en vaderland”. Daai energie is verslawend.   Die geheim van jou langlewendheid? Roland: Ek dink dit tel in my guns dat ek nogal laat in my loopbaan [op 14] begin swem het. Ek het nie vroeg uitgebrand nie. Ek oefen ses dae per week vir twee tot ses uur. Die resep is dat ek aanhou doelwitte stel. Ek wil die beste wees wat ek kan. Ja, ek sal eendag aftree, maar ek sal self besluit wanneer. Chad le Clos Le Clos mik volgens Die Burger vir 7 medaljes om die Australiër Ian Thorpe se 2002-rekord te ewenaar. Chad het reeds 4 medaljes verower en mik vanaand na sy vyfde medalje wanneer hy in 100-vlinderslag swem – juis dít waarin hy wêreldkampioen is.   Chad en sy pa, Bert FOTO: Dean Lauréntz   Cameron van der Burgh Cameron het Saterdagaand ’n silwer medalje gekry vir die 100-borsslag. Hy ding vanaand mee in die 50-borsslag waarin hy die gunsteling is om met die goue medalje weg te stap. FOTO: verskaf   Van die SA atlete en ondersteuningspersoneel by vanjaar se Statebondspele #ItsOurTime pic.twitter.com/KA2zQNRNgE — Graham Hill (@grahamhill196) July 23, 2014 *SARIE-joernalis Gloria Cilliers het in die Julie 2014-uitgawe met Roland gepraat. Dié uitgawe is nie meer op die rakke nie, maar kan digitaal gekoop word – KLIK HIER . Bronne: Die Burger , Commonwealth Games The post SA atlete maak ons trots by Statebondspele appeared first on SARIE .