Hollywood-aktrise Piper Parabo trou PLUS 10 maniere om metaal-kleure by jou troue in te sluit Nóg ’n Hollywood-paartjie het onlangs afgehaak. Aktrise Piper Parabo en haar regisseur-kêrel Stephen Kay het Saterdag in New York getrou, berig E! Online .  Piper, bekend vir haar rolle in Coyote Ugly en Covert Affairs , en Stephen het verlede September hul verlowing aangekondig. Stephen is die uitvoerende vervaardiger en regisseur van die TV-reeks Covert Affairs , waarin Piper ’n CIA-agent speel. Die paartjie het op die stel van dié reeks ontmoet. Nadat hulle hul troubeloftes afgelê het, het Piper en Stephen na hul onthaalplek gestap – deur die strate van New York met ’n orkes wat hul begelei, berig Us Weekly . Dié paartjie het die eerste foto van hul troue met ’n paar vermaaklikheidswebtuistes gedeel, onder andere E! Online . Piper Perabo en Stephen Kay op hul troudag FOTO: verskaf deur Piper Perabo aan E! Online Kyk na ’n groter weergawe van dié foto HIER . Piper het ’n neutrale, noupassende lang rok met metaalkleurige detail gedra en haar trou-voorkoms afgerond met ’n geel sluier. Die bruid se grimering was eenvoudig en natuurlik en haar blonde hare was opgesteek in ’n bolla in haar nek. Bronne: E! Online & Us Weekly 10 idees om metaallkeure by jou troue in te sluit Kry inspirasie uit Piper se metaalkleurige trourok! Die SARIE.com-span het op Etsy idees gaan soek om metaalkleure by jou troue in te sluit. Van trourokke tot skoene en dekor – hier is ons tien gunsteling-idees. Kry nóg idees op Etsy ! Watter idee is jóú gunsteling? Gaan loer op Etsy vir nóg idees. Nóg trou-idees op SARIE.com 15 trouringe Pienk trourokke Saffierringe Trourokke vir ’n tweede huwelik Vyf trourok-trends vir 2014 en 2015 The post Hollywood-aktrise Piper Parabo trou PLUS 10 maniere om metaal-kleure by jou troue in te sluit appeared first on SARIE .