Franse flair: In jou nuwe SARIE KOS/FOOD Aug-Sep 2014 Die nuwe uitgawe van SARIE KOS en SARIE FOOD is vanaf Woensdag 30 Julie op die rakke, en ons kook Frans by die huis. Jy kan jou egter SARIE KOS en SARIE FOOD eerste en teen afslag digitaal lees – teken nou in: TEKEN IN OP SARIE FOOD TEKEN IN OP SARIE KOS Barbara vertel: “Vir hierdie uitgawe van SARIE KOS het ek my inspirasie in Parys in Frankryk gaan haal, waar ek en my man en tweeling-dogters in Desember verlede jaar vir twee wonderlike weke gekuier het. Dit was nie my eerste besoek nie – ek was in 1982 en in 2006 ook daar – maar hierdie keer was dit ekstra spesiaal, omdat Emile en Anya en Mia by my was. crème caramel crème brûlée “…Gou het ek agtergekom ware Franse cuisine is baie soos ons boerekos – heilsame huiskos met min pretensie. Daar is natuurlik uitsonderings, soos die restaurant waar ons een aand geëet het. Dit was so deftig dat ek gevoel het of ek op die stel van die fliek Julie & Julia is. “My ervarings in die Franse hoofstad sal altyd deel wees van my beste kosherinneringe. Maar ek moet bieg, my eerste lamstjoppie en braaibroodjie op ’n warm middag terug in Suid-Afrika was net so lekker, indien nie lekkerder nie. Geniet die kos van die Franse – op mý manier! Soet sensasie – bak soos die Franse Sago- crème caramel (FOTO: Donna Lewis) Hertzoggie-macaron (FOTO: Donna Lewis) Koeksister- crème brûlée (FOTO: Donna Lewis) Huiskos uit Frankryk Hoenderlewer-patee (Micky Hoyle) Beeswange in rooiwynsous met knoffel en kapokaartappels (FOTO: Micky Hoyle) 30 Quiches 30 quiche-resepte (FOTO: Micky Hoyle) ** Teken nou in op SARIE KOS/FOOD LIKE SARIE KOS/FOOD op Facebook The post Franse flair: In jou nuwe SARIE KOS/FOOD Aug-Sep 2014 appeared first on SARIE .