Stap vir stap: 3 interessante vlegsels Vlegsels is steeds gróót! Wees in pas met die nuutste haarmodes en dra een van dié drie interessante vlegselstyle.   Die slang-vlegsel:   Stap 1: Verdeel ’n gedeelte van jou hare naby aan jou haarpaadjie in drie gelyke dele.     Stap 2: Vleg die dele in ’n gewone vlegsel tot by jou haarpunte.         Stap 3: Hou met jou een hand een van die puntjies van die vlegsel vas, terwyl jy met jou ander hand die ander twee puntjies vasknyp. Stoot dan dié twee puntjies na bo tot by jou haarwortels.     Stap 4: Trek die twee dele wat jy boontoe getrek het bietjie na onder sodat dit mooi uitgesprei is en steek dit vas met ’n knippie.     5 Stappe vir mooier hare   Die boheemse vlegsel:     Stap 1: Neem ’n strook hare aan weerskante van jou kop.       Stap 2: Neem dan ’n derde string vanuit die middel van jou agterste hare. Dié deel moet baie dunner as die ander twee dele wees.       Stap 3: Vleg die drie dele in ’n normale vlegsel en maak dit vas met ’n rekkie.       Stap 4: Trek die vlegsel effens uitmekaar sodat dit losser lyk.     Die visgraat-vlegsel is ook nou groot nuus – lees meer! Die knoop-bolla met ’n vlegsel:   Stap 1: Gooi jou hare vooroor sodat dit oor jou gesig hang.       Stap 2: Deel ’n gedeelte van die hare net bo jou nek in drie dele en vleg dit in ’n vlegsel.       Stap 3: Steek dan die vlegsel in die middel by die kroontjie van jou kop vas met ’n knippie. Dit keer dat die vlegsel nie uitval terwyl jy ’n knoop-bolla maak nie.       Stap 4: Maak ’n knoop-bolla ( hier wys ons jou hoe ) en steek dit vas met knippies.   Nóg haartendense om na uit te sien!     The post Stap vir stap: 3 interessante vlegsels appeared first on SARIE .