Só gaan prins George op 18 lyk Wonder jy hoe prins George, wat dié week een geword het, as tiener sal lyk? Dié foto beantwoord jou vraag … Danksy die vernuf van ’n forensiese kunstenaar, dokter D’Lynn Waldron, kan ons nou ’n baie goeie idee kry van hoe die hertog en hertogin van Cambridge se eersteling sal lyk wanneer hy 18 jaar oud word in 2031, skryf E! Online . Lees die volledige artikel hier . Dr. D’Lynn het die prinsie se eie ore en voorkop met sy pa se glimlag en ma se neus, tande en die vorm van haar oë gekombineer om dié foto te skep. Só kan prins George moontlik lyk wanneer hy 18 jaar oud is FOTO: E! Online “Dis ’n digitaal geverfde kunswerk wat forensies gebaseer is op alle beskikbare bronne, soos genetika, leefstyl, mediese agtergrond, persoonlikheid, omgewing en hoe swaartekrag die persoon se tipe gesig affekteer,” skryf D’Lynn op haar webblad . Klik hier vir foto’s van George op 18 Dink jy D’Lynn se voorspelling is akkuraat? Meer oor die Britse koninklikes Koningin Elizabeth se photobomb Prins George word een! George en sy hond in nuwe kinderboek George, Kate en William op toer Prinse William en Harry – konings van sosiale media The post Só gaan prins George op 18 lyk appeared first on SARIE .