FOTO’S: Nadia Beukes boer die land deur Nadia Beukes “boer” deesdae reg oor Suid-Afrika wanneer sy die boere op die TV-reeks Boer soek ’n vrou besoek as aanbieder van dié reeks. Nadia, wat vroeër vanjaar die nuwe aanbieder van die sewende seisoen van Boer soek ’n vrou geword het, het die afgelope drie maande van Johannesburg na plase in sewe van Suid-Afrika se nege provinsies gereis. “Ek is eintlik ’n boeremeisie wat in die stad bly, maar ek sien baie daarna uit om terug te keer na my wortels,” het Nadia vroeër die jaar aan SARIE.com vertel. “Dis een van die grootste avonture in my loopbaan,” het sy uitgewei. Só lyk Nadia se avontuur sover in foto’s, wat sy op haar Instagram -blad gedeel het. Nadia sê op Instgram dié meerkat, Olive, is dalk haar gunsteling-plaasdier sover FOTO: Instagram (@nadiabeukes) FOTO: Instagram (@nadiabeukes) Nadia, wat onlangs in die kykNET-reeks Sterlopers gespeel het, is ook volgende jaar te sien in die nuwe Afrikaanse fliek Mooirivier , saam met bekendes soos Suzzi Swanepoel , Tim Theron en Heinz Winckler . Nóg oor Nadia Beukes op SARIE.com Nadia praat oor Boer soek ’n vrou Só het Nadia Beukes gewig verloor Nadia herstel ná operasie Nadia se Europese vakansie saam met die Habanas Nuwe TV-reeks met van SA se grootste sterre The post FOTO’S: Nadia Beukes boer die land deur appeared first on SARIE .