Nuwe uitdaging vir Ellen Degeneres se vrou Daar wag ’n nuwe uitdaging op Ellen DeGeneres se vrou, Portia de Rossi – die blonde aktrise gaan in een van Shonda Rhimes se TV-reekse speel. Portia, bekend vir haar spel as Lindsay in Arrested Development -faam, gaan blykbaar nou by die span van The Fixer aansluit vir die vierde seisoen van die Emmy-bekroonde reeks met Kerry Washington in die hoofrol. Só berig E!Online . Lees die volledige artikel hier. Ellen het die nuus trots op Twitter gedeel, waarna dit ook op The Fixer , wat in Amerika bekend staan as Scandal , se Twitter-blad bevestig is. So annoying when people brag on twitter & that’s why I’m not tweeting that Portia just signed on to do a top secret arc on “Scandal”. Oops. — Ellen DeGeneres (@TheEllenShow) July 23, 2014 FOTO: Instagram Shonda Rhimes, vervaardiger van dié reeks en Grey’s Anatomy , is egter baie geheimsinnig oor wat presies Portia se rol is in die reeks, wat die loopbaan volg van skakelpraktisyn Olivia Pope (gespeel deur Kerry Washington) nadat sy by die Withuis bedank het. Dis ’n groot week vir die reeks – nie net het die nuus oor Portia se betrokkenheid gebreek nie, die span het ook die (ware) Amerikaanse president ontmoet. Barack Obama het volgens  The Hollywood Reporter gisteraand ’n spesiale fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die Democratic National Committee by Shonda se huis bygewoon. Kaartjiepryse vir die geleentheid het tussen $1 000 en $32 000 gewissel en die duurste kaartjies het vir 30 paartjies ’n ete saam met die president en gekoop. Bronne:  E!Online & The Hollywood Reporter Nog oor Ellen en The Fixer op SARIE.com Ellen begin ’n besigheid Kerry Washington se dogter is gebore Ellen se onvergeetlike selfie by die Oscars The post Nuwe uitdaging vir Ellen Degeneres se vrou appeared first on SARIE .