Cameron Diaz verdedig haar beste vriendin Vir Cameron Diaz beteken vriendskap só baie dat sy ’n radio-onderhoud stopgesit het toe ’n onderhoudvoerder haar beste vriendin beledig, skryf Us Weekly . Lees die volledige artikel hier . In haar onderhoud op die Kyle & Jackie O Show op KIIS 106.5 in Australië het Cameron, wat binnekort in die fliek Sex Tape speel, die gesprek kortgeknip nadat aanbieder Kyle Sandilands ’n snedige opmerking oor Drew Barrymore se moeilike tienerjare gemaak het. Cameron Diaz oor botox Jackie O het gesê Cameron en haar Sex Tape -medester Jason Segel se dogter in dié fliek herinner haar aan Drew Barrymore in E.T. the Extra-Terrestrial. Cameron het eers saamgestem, maar toe Kyle sê hy hoop die jong aktrise, Giselle Eisenberg, het nie dieselfde “dwelmjare” as Drew nie, het Cameron stil geword. FOTO: Drew Barrymore se tweede baba Drew, wat op 14 twee keer na ’n rehabilitasiesentrum moes gaan, is al vir jare ’n goeie vriendin van Cameron. Jackie het probeer om die onderhoud, wat telefonies gevoer is, te red, maar sonder sukses. “Ek is seker, Kyle, dat jy nooit deur ’n dwelmfase moes gaan nie, of hoe?” het Cameron begin. “Of alkoholisme of enigiets van daai aard? Mooi skoon … dinge altyd reg gedoen? Geluk,” het sy gesê. In reaksie daarop het Kyle boonop die fout gemaak om Benji Madden op te haal. Louis & Lise se Wie is ek: Saamleef met ’n alkoholis Daar is gerugte dat Benji en Cameron, wat albei baie moeite doen om hul privaatheid te beskerm, deesdae ’n paartjie is. Kort daarna het Cameron verduidelik dat sy en Jason, wat ook in die onderhoud was, moet gaan. Jackie het Kyle onmiddellik aangespreek, maar hy het geweier om verskoning te maak vir sy optrede en selfs bygevoeg dat dit juis die doel van ’n onderhoud is. Klik hier om na die onderhoud te luister Bronne: Us Weekly & KIIS 106.5 Nóg bekendes wat vriende is Schalk Burger en Francois Louw Schalk Burger en Francois Louw FOTO: Instagram (@micheleburger1) George Clooney en Brad Pitt Melinda Bam en Karlien van Jaarsveld Karlien van Jaarsveld en Melinda Bam eet saam sushi FOTO: Instagram (@melindabam) Ben Affleck en Matt Damon Taylor Swift en Karlie Kloss Taylor Swift en Karlie Kloss FOTO: Instagram (@taylorswift) Jennifer Aniston en Courtney Cox Angelique Gerber en Donnalee Roberts Donnalee en Angelique Gerber by die première van Pad na jou hart FOTO: Twitter Kyk hier na nóg bekendes wat vriende is WAT DINK JY? WAT SAL JY DOEN OM JOU BESTE VRIENDIN TE BESKERM? Lewer kommentaar onder dié artikel of op SARIE se Facebook - of Twitter -blad. The post Cameron Diaz verdedig haar beste vriendin appeared first on SARIE .