Turbulensie Turbulensie. Daardie nare oomblik wanneer jy niksvermoedend in ‘n vliegtuig sit en die vliegtuig skielik ‘n lugleegte tref… Toe ek die heel eerste keer in ‘n groot vliegtuig gevlieg het, is ek geleer: Selfs al vlieg jy elke dag, MOET jy ELKE KEER die blaadjie deurgaan met die inligting oor wat om te doen as daar ‘n krisis kom. En ja, gehoorsame ek doen dit elke keer. Regtig waar. Sonder uitsondering, al wonder ek so in die stilligheid of ek dit regtig sal onthou as die krisis regtig kom. So haal ek gister ook niksvermoedend die blaadjie uit en begin dit lees. Die volgende oomblik is die lugwaardin by my, om my gerus te stel. Sy sê iets van ‘n ongeluk, maar ek hoor nie regtig nie, en my dogter sê vir haar dat ek nog nie daarvan weet nie… ? … Ek verduidelik vir haar dat ek dit maar altyd doen. My dogter wou natuurlik nie vir my vertel wat gebeur het nie. Toe ons op Johannesburg in die ry staan om ons bagasie in te gee, word koerante vir elkeen uitgedeel, met die turbulensie-storie op die voorblad. Hoe werk die lughawe-mense se koppe? Ja, ek het al turbulensie ervaar in ‘n vliegtuig. Soms liggies, soms erger, soms onophoudelik. Een keer het ons gesin Johannesburg toe gevlieg in die somer en ons het regtig die 4×4 roete gevolg. Een keer het die vliegtuig soveel geval dat die mense se drinkgoed uit hulle koppies gestort het en my seun gesien het hoe ‘n koppie teen die dak vas skiet… Toe sê ek vir die Here: “As dit nou my tyd is, is dit reg.” (Dit was duidelik nog nie my tyd nie!!) Die ding is net, as jy 9 ure in die lug is, is die kans baie goed dat daar iewers wolke, lugleegtes, ens kan wees… Ek raak banger vir vlieg. Om by die Kaap te kom land en die wolke is dik, dik, dik en dit stortreën, is dit regtig nie snaaks nie. Raak ek te oud? Ná die tyd het ek vir my dogter verduidelik: Ek is banger vir mal mense wat sonder om te dink ander mense verskriklike skade aandoen, as iets wat deur die natuur gebeur. Dit beteken nie ek is NIE bang nie, maar ja… Tog, as daai vliegtuig so duik… Groete Toorts Veilig vlieg dag 86 sluk Filed under: 100 goedvoel dae , Reis-ervarings