Boma Wat baie sterk aanbeveel word by Victoria Falls, is ‘n aand by die Boma. Dis ‘n kulturele belewenis. As jy daar aankom, word ‘n doek Afrikastyl om jou gebind. Dan word jou hande gewas en kry jy ‘n blikemmer vol tradisionele bier… Kleurvol, met tradisionele musiekvertonings. Die kos is uit die boonste rakke, met onder andere krokodil, skaap, varkworsies, vlakvark, eland, mopaniewurms op die spyskaart. Dis ‘n buffet en jy kan eet en eet en eet… Intussen loop die tradisionele geneser rond om sy geheime drankie te verkoop, die fortuinverstller soek kliĆ«nte en die gesigte word ingekleur. Dan word die dromme uitgedeel en speel die hele saal vol mense saam op die dromme… en dan tot laataand… Tradisionele Toorts Filed under: Uncategorized