Die slapende land Behalwe jare gelede wat ons vinnig na Die Valle gaan kyk het, is ons eerste stap in ons Zimbabwe-ervaring ‘n kultuurskok. Beitbrug. Ons toerleier waarsku ons dat dit dalk lank kan neem aan die Zim kant, maar niks het ons voorberei op ons ervaring aan die SA-kant nie. Ons word deel van ‘n drukkende, indrukkende massa waar persoonlike ruimte NUL is. Klein vertrekkie, baie mense, slegs 2 stadige amptenare, rekenaars wat vries… Die land is pragtig, in ‘n diep slaap gehul. Min mense sigbaar, maar baie vriendelik. Die toerisme floreer… van boerdery is daar geen sprake nie. ‘n Uitvoerland van voedsel word ‘n invoerder… erg naby aan die vel, moet ek sê… Polisie stoppe bykans elke 10 kilometer… elkeen gaan iets anders na… driehoeke, brandblussers. Soms het jy nie toestemming om op hierdie spesifieke pad te ry nie, soms ry ons te vinnig, al kan hul dit nie bewys nie. Afrika! :) Op die wildroetes sien ons amper nie diere nie, baie olifantmis wel. Snags gesels die leeu… ons kom so naby as 30 meter te voet aan ‘n klompie witrenosters wat lê en rus. Julle weet mos die verskil tussen ‘n swartrenoster en witte? Dis nie in die kleur nie, maar in die bek? Die witte is die een met die breë bek (wide, not white). Wittes is dié wie jy meermale sien, die grasvreters. Swartes is aggressief, eet stokke, ens, en woon in digte, boomryke dele. En dan is daar Victoria Falls. Is dit moontlik dat dit in dieselfde land is? ‘n Fantastiese plek, toeriste mekka, met net te veel om te doen – bungy jump, olifant ry, ervaring met leeus, helikopter vlieg, bootrit op die Zambezi… natuurlik kon ons nie als doen nie, dis duuuuuurrrrr! Maar sou jy ooit ‘n langnaweek in Victoria Falls oorweeg, doen dit! Die hoogtepunt? Die Valle, natuurlik! Zimbabwe… Toorts Filed under: Uncategorized