Afrika en die internet… Afrika en die internet Dat ons afhanklik geword het van elektronika, is ‘n gegewe. Ons kan nie meer sonder ons selfone, ipads, tablette, internet nie. Selfs nie as ons “in Afrika ingaan” nie. Ja, ja, ek weet die regte ding is om al hierdie goeters by die huis te los, maar wie kry dit nog regtig reg? En baie keer is dit juis die een wat die hardste grom oor dié goed die een wat terloops sal vra of jy nog niks gehoor het van een of ander ding nie. Dieper in Afrika is die konneksie ‘n ander storie, of is dit dalk maar dieselfde as by ons? Ek kan net namens myself praat, en ek sal graag hoor wat julle ervaring is. By een gastehuis is wifi beskikbaar, maar geen selfoonontvangs nie, so sou jy ‘n betaling aan ‘n nuwe begunstigde wou doen, is dit onuitvoerbaar omdat jy nie die die sms van die bank af kan kry nie. By ‘n volgende gastehuis is daar selfoonontvangs, maar geen wifi nie. Of nee, daar is wel soms wifi, maar slegs 520 mb vir die hele gastehuis per dag… First come, first served… Ek leer om goed op faceboek te sit terwyl ek geen ontvangs het nie, en sou daar op ‘n stadium ‘n bietjie internet beskikbaar wees, gaan dit vanself deur, tot my eie verbasing soms. Soms dink ek iets is nog nie gepos nie, dan sien ek kommentare wat deurgekom het. Dis Afrika! Mal oor hierdie plek. Afrikatoorts Filed under: Uncategorized