dieremaatjies Die natuur bly vir my wonderlik. Veral hoe diere aangepas is by hulle omstandighede. Ek het my verkyk aan die diere in die Britse Eilande. Doodgewone diere soos by ons ook is, maar tog anders, aangepas vir die koue. Ongelukkig het ek nie ‘n foto geneem van die perde wat ook meer hare het as waaraan ek gewoond is nie. Orals sien jy langhaar/wol skape. Ek het gedink dis maar dieselfde skape wat in Skotland en Wallis loop, maar nou, nadat ek die foto’s bekyk, wonder ek tog of dit dieselfde ras is. Dié in Wallis het hulle wol so stuk-stuk verloor, amper soos ons dorperskape. In Skotland het dit meer vir my gelyk of die jassie so begin los raak om die nek, en dan klim die skaap stelselmatig uit die woljassie uit. (Dalk verstaan ek die hele proses verkeerd?) Dan wonder ek ook nog of die boere dan die skape nog skeer ook, want party wat al hulle jassies afgegooi het, lyk kompleet of hulle geskeer is. Sien, ek MOES by die boere aangegaan het en my vragies gaan vra het! Die beeste is ‘n ander storie. Ons het baie Friese gesien, en vleisbeeste waarvan ek nie seker is watter ras dit is nie. In Ayrshire waar ons ‘n hele week gebly het, het ek nie een Ayrshire gesien nie! Dalk is hulle in behuising, wie weet? In Hereford het ons beeste gesien, of dit herefords is, kan ek net raai! (My man, wie weet, was nie by nie!) Groot was die opwinding toe ons wel ‘n Scottish Highland Cow gesien het. Ek weet nie of ons net op verkeerde plek gesoek het nie. Oe, hulle is pragtig, maar beslis tieners. Besluit maar self of julle ook dink hulle is tieners… Nou vra ek julle: Watter soort beesras is dit hierdie? ‘n Vriendin wie verlede jaar oorsee was, het ‘n foto hiervan op facebook gesit, so dit was nie vir my heeltmal vreemd nie. Die finale besluit was dat dit Belted Galloways is.  Ek vra nou ná my rondloop vir my neef, ‘n uitstekende beeskenner, watter ras dit is. Sy antwoord? ‘n Lakenvelder . Blykbaar is die Friesras uit Lakenvelders geteel vir meer melk, en toe het hulle bont koeie geword.  Of ‘n Belted Galloway en Lakenvelder dieselfde dier is, sal ek julle nou regtig nie kan sê nie. Op my vriendin se fb blad het iemand die koeie beskryf as koeie wat agter die boom weggekruip het toe die swart verf uitgedeel was… Oeee en wat die Noordelike Halfrond het wat ek bewonder, is… Say nou more. Happy days 81 Toorts     Filed under: 100 goedvoel dae , Plaaslewe en Landbousake , Reis-ervarings