Afstand Vir my is afstand soms nodig. Afstand van my situasie. Afstand van my werksomstandighede. Soms raak ons so vasgevang in ons omstandighede. Ons raak oorwerk, oorspanne, onproduktief. Ons werk ons dood, worstel met alledaagse dinge, maar voel nie of ons vorentoe gaan nie, sien nie bevredigende resultate nie. Dalk is die werkslading net te veel. Dis hiér waar afstand nodig raak om jou situasie uit ‘n ander hoek te bekyk. Wat moet ek anders doen? Watter fout hou ek aan om te maak? Kan ek dalk beter delegeer? Moet ek dalk die verantwoordelikheid van sekere dinge eerder op my neem? Dít is wat reis vir my doen. Dit neem my uit my situasie, gee my nuwe perspektief. Dit help my om moed te kry om dinge anders aan te pak. Dit gee my die geleentheid om dinge te evalueer terwyl ek “buite” die situasie is. Ek kom altyd terug met nuwe moed, nuwe idees, meer woema, en dít alleen maak dit oor en oor die moeite werd, vir my, my huwelik, gesin en ook my werk. Die meeste van als: As ek terug kom by die huis, waardeer ek weer dit wat ek het ekstra baie. Probeer dit! Dis ‘n wen-wen situasie. Toorts Filed under: Uncategorized