E-boeke Hoe koop julle e-boeke? Waar koop julle e-boeke? Ekself koop meestal by Kalahari. Dis waar ek destyds my Gobii gekoop het en daar het ek aanhou koop. Dis vir my die maklikste. Kindle gebruikers koop seker weer meestal by Amazon. Ongelukkig is Kindle en Kalahari nie versoenbaar nie, of is dit deesdae? Noudat ek ‘n Samsung Tablet het, behoort ek beide te kan aflaai, maar het nog nooit probeer nie. Nog ‘n vragie. Is daar plekke waar julle goedkoper e-boeke kan aflaai? Hoe vergelyk Kalahari en Kindle se pryse vir dieselfde boek? Iets waaroor ek soms wonder en nog nooit probeer het nie, is of mens, as jy in ‘n regte boekwinkel staan, ‘n e-boek by hulle kan koop. Of kan jy net regte boeke, harde kopieĆ«, by hulle koop? Maak hulle al voorsiening vir mense wat eerder ‘n e-boek verkies, of moet jy dit dan op hulle webblad koop? As hulle wel e-boeke in die winkel self beskikbaar het, laai hulle dit dan sommer in die winkel af, of is dit op ‘n CD? Wie ken die antwoorde? Wie kan help? Dankie! Toorts Filed under: Uncategorized