Buitelandse toere en selfone Oorsese toere en selfone. Ek het al baie goed reggekom oorsee sonder selfoon. My man het mos ‘n foon en ek sorg net dat ek altyd by hom bly. Tot ek hom (my man) die keer op Lissabon verloor het! Uhm… Nou dra ek ook maar my ou foontjie saam. Tog te lekker, want ek hou sommer op faceboek kontak met my mense by die huis. Met Android moet jy wakker wees. Hy is ‘n ywerige aflaaier en laai al wat ding is af. Sommer as jy jou Samsung koop, sit al die toepassings of applications af, want jou geld gaan hy vreet. Almal waarsku altyd dat jy ‘roaming’ moet afsit. Ek nie stupid nie! Ek gaan my nie sooo laat vang nie! Dink ek. ‘n Jongman wat regtig mooi met sy geldjies moet werk, gaan vir 4 dae AustraliĆ« toe en kry ‘n selfoonrekening van R7000! Ja, R7000 na 4 dae. Ek het gelukkig pay as you go, so ek kan dit beheer. Ek sit die meeste goed af, maar voor die dag om is, is die R100 opgebruik, sonder dat ek eers naby was! So, my dearies, ek het mooi geleer. Sit dataroaming AF! Hy sal als opvreet wat hy in die hande kan kry. Sit wifi AAN en maak gebruik van die hotelle se gratis wifi. Wattsup eerder as sms. Emails werk ook. Faceboek… Onthou ook dat JY betaal as iemand jou bel. Lekker toer en stay connected, maar moenie jou laat vang nie! Dit gebeur sonder dat jy dit besef. Toorts Moet tog net nie jou FOON verloor nie… Dag 77 van lekker dae Filed under: 100 goedvoel dae , Reis-ervarings