Individu? Of groep? In ‘n kursus wat ek doen, leer ek dat die groep, die familie in die Bybelse tye die alles was. Die individu was niks. As jy enigsins iets anders gedoen het as wat die groep voorskryf, was jy amper uitgeban uit die gemeenskap. Saam met dit leer ek toe ook dat die individu vandag tel, dat die individu selfs belangriker as die gemeenskap is. ??? Sjoe??? Nee! Dit kan nie wees nie! In die stad miskien maar beslis nie op die platteland nie. Of hoe? Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer besef ek dis waar. Dis waar in my eie lewe! Dis waar in myself! Vir al my getroude lewe, veg ek vir die “ons”. “Ons” wat dinge saamdoen. Die “ons” wat belangriker is as die “ek”… tot ek agterkom dat hierdie ek, ekself, al BAIE individualisties geraak het. Soveel so dat ek dink ek sal kan aard as ‘n kluisenaar! Byvoorbeeld: Dit was en is steeds vir my sleg as my man alleen van die huis af weggaan. Nou gaan ek sowaar sonder hom met vakansie! :shock: Vir jare het ek geSMAG na die kunste, om na die Artscape te gaan en goed te gaan kyk. My man hou regtig nie daarvan nie. Tot ek besef het dat ek nie aan hom vasgebind is nie. Ek en my kinders wie wel daarvan hou, kan op ons eie gaan! Ons woon die Saterdagmiddag vertoning by, wat meebring dat ek vanoggend by die huis kan vertrek en vanaand, net na donker, is ek terug! :) Hoe moeilik kan dit wees? Ek het geleer dat, as ek wil gaan draf (in die ou dae) of stap, ek my moeg moet soek vir maats om dit saam met my te doen, dan moet ek hoeveel kilometers ry tot by die maats, en dan stap ons. Is ek of een van hulle nie lus nie, val dit deur dit mat. Nee wat. Hoekom vir ander wag? Ek doen niemand skade aan deur my eie ding te doen, te gaan stap wanneer dit my pas, op my eie tyd, my eie pas, so ver ek wil nie, en weet julle wat? Ek geniet dit! Vroeër jare het ek baie goed by my laat verbygaan omdat ek nie iemand kon vind wat dit saam met my doen nie. Ek hoop nie ek trap nou op iemand se tone nie, dis nie die bedoeling nie. Maar ek het net nou die dag ‘n interessante gesprek van bloggers van ‘n ander webwerf gevolg. Lyk my daar is probleme op daardie webwerf. Moet ons of moet ons nie skuif nie? Hoe gaan ons die ander oortuig kry om te skuif, want ons moet ALMAL skuif… Interessant… Doen jou ding ! Solank jy nie ander benadeel in die proses nie. Lees:  Who moved my cheese . Toorts Lekker dag 71 Begin ‘n nuwe blog Hoe verander ek aan ‘n skrywe wat ek reeds gepubliseer het? Waar kry ‘n mens die ander bloggers? Die kuns van tag     Filed under: 100 goedvoel dae , Motivering en Bemoediging