woede… vrees… angs Volgens die E nnegram en die kursus wat ons predikant met ons gedoen het, is die dryfveer wat ‘n persoon laat werk, óf angs, óf woede, óf vrees. Dit het vir my lank geneem om dié konsep te verstaan, en ek is steeds nie seker of ek dit regtig verstaan nie. Die kopmense (5, 6, 7) word gedryf deur vrees, die hartsmense (2, 3, 4) deur angs, en die Gut-mense (8,9,1), deur woede. Die angs een verstaan ek nie regtig nie. Die dominee wat dit aangebied het, is ‘n hartsmens, en sê dat hy angstig voel voor ‘n preek… hy preek fantasties… so, dit lyk my die angs werk vir hom. Vir my, die nommer 7 , is angs ‘n verlammer . Alles in my vermoë moet gedoen word dat ek nie angstig raak nie, want dán is ek ‘n ronde nul op die kontrak. Ek ken heelwat gut-mense, veral die nommer agts… uhm… oeeee, hulle floreer op woede! Maak hulle net kwaad, dan “perform” hulle! Moeilik. Hoe meer ek oor die “vrees” een gedink het, hoe meer duidelik het dit vir my geword. Ja, ons het ‘n bangheid in ons geaardheid. Vrees beteken nie dat ek heeldag oor my skouer loer nie, dat ek paranoïes is nie, niemand vertrou nie. Vir my beteken dit dat ek voorkomend optree. Ek probeer binne die reëls optree, uit “vrees” vir gevang word buite die reëls, as julle verstaan wat ek bedoel. Ek sien nie die “vrees” as ‘n negatiewe ding nie. Ek sal my bes doen vir my huwelik… omdat ek nie wil hê dit moet misluk nie. Dit beteken natuurlik nie dat ek NOOIT foute maak nie!! ;) So kan ek aangaan en aangaan en aangaan oor wat ek eerder “reg” sal doen, omdat ek nie van die uitkoms hou as dit verkeerd is nie. Omdat ek bang is vir die uitkoms.  Byvoorbeeld. Probeer by die verkeersreëls hou, uit respek vir ander, maar ook omdat ek nie “lus” het vir ‘n verkeersboete nie. Ek glo ek is nou duidelik genoeg oor hierdie een. Maar ‘n nommer 7 het ook eienskappe van ‘n 8. So… moenie my bedonderd maak nie. :(  Woede laat my ook produseer, soos as jy in die aand my te ver druk oor goed, sal ek in woede, met ‘n vreeslike lawaai, die heel nag wakker bly en daai goed sal môre-oggend op jou lessenaar wees… maar dis nie ‘n goeie ding nie. Dis ook baie ontstellend. Watter een is jy? As jy regtig mooi dink, wat is jou dryfveer? Vrees? Woede? Angs?  Dit verg nogals baie eerlikheid en selfondersoek om by die antwoord uit te kom. Groete Toorts halfpadgoedvoeldagnommer 72 Angs is ‘n verlammer Kenmerke van ‘n nommer 7 Kopmense     Filed under: 100 goedvoel dae , Motivering en Bemoediging Tagged: angs , enneagram , persoonlikheidstipes , vrees , woede