Control freak? Ek hoor dat ek ‘n control freak is en lê ‘n hele nag wakker daaroor. Ek? ‘n Control Freak? ‘n Beheervraat? Ek doen nogals baie selfinspeksie, maar hierdie een het my nog nooit laat wonder nie. Ek vra op faceboek wat ‘n control freak is. Die antwoorde kom so stuk-stuk in… 1)  As jy die een wil wees wat in beheer is van alles … Ja, ek weet dit is wat ‘n beheervraat is, maar val ek in daardie kategorie? Wat wel waar is, is as iets my verantwoordelikheid is, en die moeilikheid na my kant toe gaan kom, wil ek in beheer daarvan wees. Ek gee glad nie om as iemand anders in beheer is nie, maar dan wil ek nie die moeilikheid kry nie. 2)  Wanneer jy wonder daaroor is dit klaar te laat!!! Haha lol    :shock: oeps… toemaar ek vat dit van wie dit kom, met ‘n knippie sout en al. :) 3) J y is ‘n control freak wanneer dit ALTYD “your way” or “no way” is….  Nee, ek hoop nie dis ek daai nie.  4)  Wanneer my die nek is wat draai waarheen en wanneer jy wil… :roll: … nou kom jy darem naby aan die vel…  Ek sê jare gelede vir ‘n vriendin dat ek so bang is ek probeer my man beheer. Sy antwoord toe dat hy hom nie sal laat beheer nie. Net vir die rekord, hy is ‘n nommer 8 , hoor! ‘n Uitstekende bestuurder. Maar ja, ek is soms die nek, kry dit nogals reg. Eintlik dink ek ek verdien ‘n medalje daarvoor! ;) 5)   Wanneer mens eintlik ‘n freak is maar jou moet control tussen ander gewone mense.  As ek nou myself moet ontleed, dink ek, HIERDIE EEN is in die kol! :) Sien! Facebook maatjies weet die beste. My vraag is: Wanneer is jy ‘n beheervraat? Die beheervrate waarvan ek die meeste weet, is sommige mammas wat hul kinders nie ‘n sekonde uitlos om self iets te waag nie. Trippel, trippel, trippel. Net in hierdie week het ek ‘n program op RSG gehoor: “Maak jy jou kinders groot, of laat jy hulle grootword?” … Ek is mos een vir die opvoeding. En weet julle wat sê die persoon? Presies wat ek glo: Jy moet jou kinders GRENSE leer. Ek sê altyd dis soos ‘n groot sirkel. Die grens is die sirkel. Daaroor trap jy NIE. Maar binne die sirkel mag jy maak net wat jy wil. Soos kinders ouer word, word die grense verder gestel, sodat, as hulle eendag groot is, hulle op hulle eie voete kan staan. Is jy ‘n beheervraat as jy dit wat jyself opgebou het, met alle mag wil beskerm? Is jy ‘n beheervraat as jy nie ander op jou rekenaarprogramme toelaat nie omdat dit al soveel keer opgefoeter is deur ander? Is jy ‘n beheervraat wanneer jy dit werklik goed bedoel vir jou huwelik en jou gesin? Ek sal graag wil hoor, wat dink julle, wanneer is jy ‘n beheervraat? Groete onbeheerdetoorts ampergoedvoeldag 73 Dissipline – te veel of te min ? Sekuriteit vir kinders Kinderveiligheid Filed under: 100 goedvoel dae , Motivering en Bemoediging , Ouerskap en ouerleiding Tagged: beheervraat , control freak , ouerleiding , stel grense vir jou kinders