Drew Barrymore se nuwe haarkleur Die aktrise Drew Barrymore was een van die eerste sterre wat die ombré-haarkleur omarm het . Nou spog sy met ’n nuwe warm haarkleur.  Drew het haar blonde ombré-lokke ingeruil vir ’n warm donkerbruin haarkleur. Sy het dié nuwe haarstyl by haar vriendin Stella McCartney se modevertoning by die Londense Modeweek gewys. Die modeontwerper Stella (links) en Drew FOTO: Instagram @stellamccartney Drew se blonde ombré-haarkleur: Ons is mal oor Drew se skoonheidsfilosofie! Sy het in 2013 aan Into the Gloss gesê: “Ons kan môre deur ’n bus omgery word en nou moet ons veilig en konserwatief wees. Nooit nie! [...] Ek wil elke haarkleur probeer, ek wil my gesig in uitspattige kleure verf vir ’n M.I.A. (’n musiekgroep)-konsert …. Ek gee nie om wat mense dink of sê nie, ek wil lewe. Ek wil pret hê! Bron: Huffington Post , Into the Gloss Lees ook FOTO: Drew Barrymore se baba Frankie Drew Barrymore se tweede dogtertjie is hier en haar naam is … Drew Barrymore gee grimeerwenke… vanuit Sun City! Drew Barrymore se vreemde tydverdryf The post Drew Barrymore se nuwe haarkleur appeared first on SARIE .