Kowie kano- en wandelroete Deel van Suid-Afrika se "Sonskynkus", tussen Port Elizabeth en Oos-Londen, is die skilderagtige dorpie, Port Alfred. Dit bied 'n heenkome vir natuurliefhebbers wat van die daaglikse gwoel wil ontvlug. Die klimaat is gematig en daar is 'n beskutte hawe waar die Kowierivier in die see uitmond en bied 'n ideale plek vir waterverwante aktiwiteite, insluitend die gewilde Kowie Kano- en Wandelroete wat by Port Alfred begin en eindig by Horsehoe Bend in "Water’s Meeting Place" natuurreservaat.