Baynesfield Landgoedmuseum Geleë in die skilderagtige Natalse Middelande is die Baynesfield Landgoed wat in 1863 deur Joseph Baynes aangelê is. Hierdie interssante persoon het ‘n groot rol gespeel in die ontwikkeling en geskiedenis van die gebied en hierdie besondere museum bied ‘n kykie in die lewe van die persoon en ook sy aktiwiteite.