Is Beyoncé weer swanger? Ondanks al die gerugte dat sangeres Beyoncé en manlief Jay Z op skei staan, beweer ander bronne nou dat Beyoncé swanger is … Gaan Blue Ivy ousus word? Ons weet nie, maar die gerugte duik nou al hoe meer op dat Beyoncé swanger is. En nou het Jay Z ook olie op die vuur gegooi. Tydens hul gesamentlike  On the Run -wêreldtoer het Jay Z die lirieke van die liedjie “Beach is Better” verander. Pleks van te sê “I replace it with another one”, het hy gesê “Pregnant with another one”. Beyoncé en haar man, Jay-Z FOTO: Tumblr Dié spesifieke optrede in Frankryk is opgeneem vir ’n televisie-opname wat volgende week in Amerika uitgesaai word. Beyoncé het haar eerste swangerskap bevestig terwyl sy in 2011 by die MTV musiekvideo-toekennings opgetree het. Beyoncé tydens haar eerste swangerskap FOTO: Gallo Images / Getty Images Beyoncé en Blue Ivy FOTO: Tumblr Dié paartjie is al sedert 2008 getroud, maar daar was onlangs verskeie berigte dat hulle gaan skei. Bron: The Sydney Morning Herald Lees ook Gaan Beyoncé en Jay Z se paadjies skei? Die video wat almal aan die praat het – Beyoncé se suster val Jay-Z aan Beyoncé se deursigtige rok – JA of NEE? Praat meer, skei minder – sê ons prokureurs Aktrise Zoe Saldana swanger met ’n tweeling – Britney Spears verklap   The post Is Beyoncé weer swanger? appeared first on SARIE .