Die nuwe selfie-hoed Saartjie se mond hang weer oop met die nuutste skepping, die selfie-hoed. Nee, kyk, ek weet darem nie so mooi nie, en ek is mal oor hoede. Hoede is perfek vir daardie bad hair days . Maar dié hoed is egter nie ontwerp vir ’n bad hair day nie, dit is ontwerp om die perfekte selfie vanuit enige hoek te neem. Die 20-jarige ontwerper Christian Cowan-Sanluis het tydens die Londense Modeweek met die bekendstelling van sy somer 2015-reeks met die tegnologie-handelsmerk Acer saamgespan vir dié nuwe gunsteling in Barbie se kas, die glinsterende pienk breërandhoed . Christian wat vir bekendes soos Lady Gaga en Rita Ora ontwerp, sê oor sy nuwe ontwerp: “A lot of people taking selfies struggle to find the full potential of their front-facing camera when they use their hand. The hat helps to perfect the shot, either if it’s a cute, sexy or silly selfie.” Kyk na ’n video van hoe dié hoed “werk”, hier ACER x CHRISTIAN COWAN-SANLUIS “SELFIE HAT” from Christian Cowan-Sanluis on Vimeo . Is jy beïndruk deur dié nuwe hoed of is jou afgryse net so groot soos myne? Bron: Hello! The post Die nuwe selfie-hoed appeared first on SARIE .