Roxette tree op in Suid-Afrika Liedjies soos It Must Have Been Love, Fading Like A Flower, Listen To Your Heart en Dangerous was nie alleen treffers van die groep Roxette nie, maar is ingegrafeer in die harte van ondersteuners reg om die wêreld. Om hulle in lewende lywe op die verhoog te kan sien is die droom van baie entoesiaste en later in die jaar gaan die geleentheid opduik wanneer hierdie ikoniese persoonlikhede drie vertonings hier gaan aanbied as deel van hul wêreldtoer. Suid-Afrikaanse ondersteuners kan verseker wees dat dit ‘n geleentheid sal wees om te onthou.